Vanjaar dien Toby de Ruiter op die Junior Stadsraad van 2023 waar daar vereis word dat elke lid hul eie projek loots met die poging om terug in hul gemeenskappe te ploeg en `n verandering en selfs verbetering daartoe te bring.

Sy projek se naam is, The Helping Hand, met die oog daarop dat hy, met behulp van ons ATKV-Strepiestak en die JvR-familie, `n verskil kan maak. Die projek fokus om sy ou kleuterskool, Jessie Keet, `n helpende hand te bied. Hy het in die vakansie gaan kuier en ń behoeftebepaling gedoen.

Die volgende word benodig:

  • Opvoedkundige speelgoed
  • Babaprodukte
  • Nie-bederfbare kos
  • Gelddonasies
  • Enige ander donasies is welkom

Hoe kan die JvR-familie hierdie projek ondersteun?

Ons maak hoofsaaklik staat op die ondersteuning van die skoolgemeenskap en sal enige donasie (produkte of `n geldjie) baie waardeer. Die geld-donasielys is op Karri beskikbaar, naamlik
“Toby se Stadsraadprojek” en enige ander donasies kan by die skool se ontvangs afgelaai word. Die geld sal dien as ń skenking vir ń nuwe naambord vir die kleuterskool. As daar enige navrae is oor ander benodighede kan jy vir Toby (toby.deruiter@janvanriebeeck.org) kontak. Ons vertrou dat ons kan staatmaak op die ondersteuning van die skoolgemeenskap.

0 Shares
X