Die ATKV-Strepiestak het op Vrouedag die damespersoneel van Hoërskool Jan van Riebeeck bederf met die gedig “Sproeireën” deur D.J. Opperman. Met heerlike koffie is hierdie wonderlike dames bedank vir die waardige rolmodelle en voorbeeld wat hulle vir ons dogters is.
Dit was ook vir ons baie spesiaal om met ons ” Doekies en deodorant vir dames-projek” te kon uitreik na die gemeenskap. Elke dame van die SA-KINDERHUIS Tuine is bederf met ‘n geskenkpakkie, koffie en kolwyntjie.
Baie dankie aan al die Jan van Riebeeckers vir die skenkings en donasies. Ons kon daarmee “pienk” geure en vreugde versprei.