Om te gee, is in ons bloed!
Almal wat ouer as 16 jaar is (ouers ingesluit) is welkom om die grootste geskenk te kom gee. Op Maandag, 23 Oktober vanaf 10:30-14:30 kan almal in die skoolsaal kom bloedskenk. Onthou om ‘n groot ontbyt te eet die oggend, pousekos in te pak en baie water te drink voor jy kom skenk. Dankie vir al die gereelde skenkers, julle maak ‘n reuse verskil. Nuwe skenkers kan die POPIA-vorm reeds hierdie komende week by mev. Turkstra kom afhaal, wat jul ouers moet teken.