Ons nooi graag alle belangstellende graad 8 en 9 leerders (in graad 9 en 10 in 2024) uit om in te skryf vir 2024 se Rapportryers Bybelvasvra.

Kom toets jou kennis van die Bybel in hierdie landswye kompetisie. Leerders neem in spanne van 4 deel; dus kry jy ook die geleentheid om spanwerk te oefen. Kontantpryse is as volg: R7 000, R5 000 en R4 000 onderskeidelik vir die eerste, tweede en derde plekke. Die ander sewe spanne wat aan die finaal deelneem, ontvang elkeen R 1 000. Inskrywings kan op Karri gedoen word en beloop R100 per leerder. Die inskrywings sluit op 16 Junie 2024. Verdere inligting en voorbeeld vraestelle is by me. Nimmo beskikbaar wees. Jy kan reeds die bybeltekste begin navors.

0 Shares
X