Op Woensdag, 21 Junie 2023 vind die Formule Jan-kompetisie op die Buysveld plaas. Al ons graad 8-11 registerklasse is hierby betrokke. Elke klas gaan ook ‘n lekker potjie maak vir die potjiekoskompetisie. Die dag is verpligtend vir alle leerders en aanwesigheid sal geneem word. Sien die onderstaande inligting vir die dag se reëlings.

ALGEMEEN:

  • Die dag begin om 08:00 en eindig om 14:00.
  • Elke klas kies ‘n tema waarvolgens hul aantrek, hul stalletjie versier en pot maak (dit kan enige soort pot wees, dink buite die boks). Klasse moet ook ‘n liedjie kies wat hul tydens die optog kan speel. Ons wil onderwysers aanmoedig om ook volgens hul klastema aan te trek.
  • Die idee is dat goedere wat by die huis is, gebruik word vir die versier van die stalletjies – duisende rande moenie spandeer word nie.
  • Leerders wat nie hul klas gaan verteenwoordig met die kaskarre of potjiekos nie, gaan in die snoepie of met ander logisitieke take help.
  • Daar sal ‘n snoepie vir die dag beskikbaar wees.

KASKARRE:

  • Klasse neem per graad teen mekaar deel.
  • Die span wat die meeste rondes voltooi binne die gegewe tyd (20minute), is die wenners.
  • In elke klas moet daar spanne van 3 leerders gevorm word wat om die beurt rondes voltooi. Elke span doen vyf rondes voor hul ruil.
  • Aan die einde van elke groep se 20min kan die onderwysers ook elkeen ‘n ronde om die baan doen.
  • Die wenner in elke graad kwalifiseer om in die finaal deel te neem.

POTJIEKOS:

  • Elke klas maak ook ‘n potjie vir die potjiekoskompetisie op die dag.
  • Elke klas kry ‘n 3m x 3m blok / stalletjie waar hulle pot maak en die area kan versier.
  • Klasse is self verantwoordelik vir hul bestanddele, potte, eetgerei en enige ander items wat hul benodig.
  • Die pot moet genoeg wees vir die klas en drie beoordeelaars.
  • Klasse kan hul bykosse reeds by die huis gaar maak.
  • Die skool voorsien vir elke klas ‘n braaidrom en charcoal.

VERLOOP VAN DIE DAG:
08:00  Verwelkoming en optog
09:00  Begin met potte
10:00 Gr. 8-wedloop
10:30 Gr. 9-wedloop
11:00 Gr. 10-wedloop
11:30  Gr. 11-wedloop
12:30  Finale wedlope
13:30  Proe / beoordeling van potte

Indien daar enigiemand is wat dalk pryse of hout vir die dag wil skenk, moet u asseblief vir me. Razelle Hanekom by razelle.hanekom@janvanriebeeck.co.za kontak.

Ons sien uit na hierdie pretdag om die kwartaal op ’n hoogtepunt af te sluit!

0 Shares
X