Die graad 1-leerders van Laerskool Jan van Riebeeck het vanoggend ons matrieks met spesiale kaartjies verras om hul voorspoed toe te wens met die res van die rekordeksamen.

Dit was ‘n besondere oomblik toe die Jannies elke matrikulant spesiaal by hul eksamenbanke kom groet het en toe die spesiale kaartjies met mooi wense oorhandig het. Tiana van den berg se boetie het spesiaal sy kaartjie vir haar gegee.

Dankie aan al die graad 1’s – oor 11 jaar sit hul ook in hierdie banke as trotse Jan van Riebeeckers!

0 Shares
X