Ons sê baie geluk aan die graad 11-leerders wat ʼn baie geslaagde werkskaduprogram gedurende die Junie-vakansie voltooi het. Die graad 11’s is aan verskillende beroepe blootgestel. Sodoende kon hulle alreeds ondervind of dié blootstelling hulle rigting is, al dan nie.
Baie positiewe terugvoering is ontvang van die leerders. Dankie aan die ouers wat hulle kinders bygestaan het.