Die graad 9-leerders het vanjaar hul ondernemingsgees uit die saal, na die gewilde studentesentrum, meer algemeen bekend as Die Gat, geskuif.
Daar was 12 ondernemings wat ‘n verskeidenheid produkte of speletjies aangebied het. Dit was ‘n kleurvolle en jolige geleentheid met winsneming as hoofdoelwit. Indien die glimlagte na die tyd as maatstaf gebruik kan word, was daar ‘n hele paar wat suksesvolle entrepreneurs. Daar word vemoed dat ‘n paar huishouding Maandag ekstra koekies of roomys moes eet!