Die manne van Huis Van der Merwe het Woensdag middag die perfekte aand gekies om bietjie touchrugby te speel terwyl daar ook gebraai is. ‘n Heerlike manier om die kwartaal af te sluit. Die roggies het self voor gevat, gereël, vure aangesteek en gebraai. Die fietsryresies is deur Jean le Roux gewen met ‘n tyd van 53s, Mnr Henning was 2de en Altus van Niekerk 3de. Alles was heerlik. FOTO’S