Ons JvR-atlete het Woensdag,13 Desember, die voorreg gehad om op Coetzenburg in Stellenbosch saam met ‘n groep Duitse atlete, wat tans in Suid-Afrika is ter voorbereiding vir hul internasionale deelname aan die Wêreld-atletiekkampioenskappe sowel as die Olimpiese spele, te gaan oefen. Van die atlete het bestaan uit voormalige olimpiese- en wêreldkampioene.
Dit was ‘n ongelooflike ervaring gewees om op Coetzenburg te kon wees met ons atlete en soveel te kon leer. Dankie aan Maties Atletiek vir die geleentheid en die gebruik van jul fasiliteite asook dr. Sors Joubert, Hoof van atletiek, vir al u moeite met ons atlete.