‘n  Gesellige, sonnige middag op Welgemeend se stoep saam met ons leiers – wat meer kan ons vra!
Mnr. Rademeyer het die 2023-leiers gemotiveer om voort te bou op vanjaar se suksesse en om ook met dankbaarheid terug te kyk na foute waaruit hulle soveel kon leer.  Mnr. Kastoor het die leiers gekomplimenteer met hul potensiaal en hulle herinner aan die voorreg om deel te wees van so ‘n groep.
Ons hoofleiers het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor hul span en op ‘n gepaste wyse afskeid geneem van die groep, mekaar en ook hulle skakelpersoneel.
Me. Steyn se boodskap:
Koffie is ‘n taal… ‘n kaffeïenontploffing!
“Baie maal konsentreer ons so op die koppie waarin ons die koffie gaan drink en vergeet dat dit eintlik gaan oor die inhoud van daardie beker met koffie. As jy beheer kan kry oor daardie inhoud, die proses en dit wat daaruit voortgekom het,dan ervaar jy die lewe. Jou prestasie, posisie en besittings, is die koppie en die lewe is die koffie. Die koppie is net die gereedskap om die lewe te hou, maar definieer nie die kwaliteit van die lewe waarna ons streef nie.
Soms, om net te konsentreer op die beker, faal jy om die koffie te geniet. Gelukkige mense het nie die beste van alles nie, maar hulle maak die beste van daardie koffie wat hulle met sorg brou. Daar is geen kitsoplossings in die lewe nie – dis hoe jy die koffie maak wat jou gaan inspireer. Die moeite wat jy met die voorbereiding daarvan doen, bepaal hoe geurig dit gaan wees.”
Die funksie is by Welgemeend aangebied en keuriger kon jy nêrens kry nie. Die dekor en smullekker eetgoed het ook die tema gekomplementeer.  Dankie aan me. Sanette van Loggenberg en haar span.
Leiers van 2023,: mag jlulle koffie-aromas die lug vul in ‘n kunswerk van duisende geure van voorspoed en seën!
Volg die skakel vir meer foto’s:
0 Shares
X