Leerders sal Maandag, 13 November, elkeen ‘n bladsy met 5 lootjies kry om teen R20 per lootjie te verkoop. Hierdie kompetisie is die laaste fondsinsamelingsprojek vir die skool. Daar is groot pryse om te wen!
Lootjies kos slegs R20 een en kan kontant of via SnapScan betaal word. Elke leerder se bladsy het ‘n SnapScan kode op wat kopers kan skandeer om te betaal. Die verwysing wat kopers moet gebruik, is leerders se inskrywingsnommer (wat op die bladsy sal verskyn). Nie almal het die SnapScan-toep nie en kopers is natuurlik ook welkom om kontant te betaal vir hul lootjie.
Ons vra dat elke leerder hul bladsy met 5 lootjies sal verkoop. Alle bladsye, asook die kontant, moet weer by hul registeronderwysers teen Maandag, 4 Desember, ingehandig word. Indien ‘n leerder hul lootjiepapier verloor, sal hul steeds verantwoordelik wees vir die volle waarde van sy/haar lootjie-bladsy (5 x R20 = R100).
Ons moedig leerders aan om meer as een bladsy vol te maak!
Daar is natuurlik ook pryse op die spel vir die leerder wat die meeste lootjies verkoop!