Maak skoon, maak leeg en skenk vir ons Plezier Markt wat vir 23 September 2023 beplan word.
Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in ‘n goeie toestand is vir die skool sal skenk. Produkte wat ons ontvang sal gedurende die mark ten bate van die skool by ons Thrifting-stalletjie verkoop word.
- meubels
- juweliersware
- handsakke / sakke
- klere (volwassenes en kinders)
- boeke
- legkaarte
- lap
- wol
Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan na Sanette van Loggerenberg gestuur word. Indien enige items by u opgetel moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965).