Hoërskool Jan van Riebeeck beplan om vanjaar nog twee uitgawes van die Onze Jan-skoolkoerant te publiseer.
Ons redaksie is hard aan die werk onder die bekwame leiding van ons redakteur, Stefan Turkstra in graad 12. Hulle gaan verseker dat hierdie uitgawes aktueel en vars bly en belangrike en positiewe insae het tot ons huidige omgewing.
Ons benodig egter adverteerders om publikasiekoste vir die Onze Jan te dek en het die volgende advertensiegeleenthede om te bied:
Formaat: A4 gedruk in kleur
Verspreiding: 400 kopieë, waarvan die oudste en enigste van ons 420 leerders ʼn kopie sal ontvang. Die verdere verspreiding sluit in besighede rondom die skoolgebou asook omliggende- en voederlaerskole. Die uitgawes sal ook digitaal beskikbaar wees.
Advertensiekoste per uitgawe:
- Voor binneblad, volblad, kleur: R 5000
- Agter binneblad, volblad, kleur: R 4000
- Volblad, kleur: R 2000
- Halfblad, kleur: R 1000
- Kwartblad, kleur: R 500
- Bladsyborg (besigheidsnaam/klasgroep onder aan die bladsy): R 250 per bladsy
Die uitgawe word net voor die vakansie gepubliseer en versprei. Advertensies vir die tweede kwartaal moet ons teen 6 Junie 2023 bereik.
Indien u belangstel volg asb. die skakel en voltooi die nodige Microsoft form: