Leerders wat nog nie alle artikels uit hul sluitkassies verwyder het nie, moet op 16 Januarie, wanneeer handboeke afgehaal word, dit doen sodat ons die nuwe sluitkassies kan toeken. Alles wat hierna agterbly, sal deur ons verwyder word vir herwinning of skenkings.
Leerders wat ’n sluitkassie wil bespreek vir 2024, kan hul R200.00 direk by me. Nicky Hattingh in die finansieskantoor betaal. Daar is ’n beperkte aantal sluitkassies, so leerders moet flink reageer op die eerste skooldag volgende jaar.