Die spaarmark moes ongelukkig uitgestel word as gevolg van die Winterbal wat op 11 Augustus tydens die twee pouses plaasgevind het. JanGroen se jaarlikse spaarmark gaan egter eerskomende Vrydag voort en ons wil weer oulike tweedehandse kledingstukke teen belaglike pryse verkoop en sommer die las op Moeder Aarde verlig deur nie te vermors nie.
Bring alle kledingstukke wat jy nie meer dra nie skool toe, sodat ons dit kan verkoop. Alle fondse wat ons insamel, sal vir ons herwinningsprojek aangewend word. Ondersteun ons asseblief, want dit is vir ‘n goeie saak.
DATUM: Vrydag, 1 September
TYD: 2de pouse
PLEK: Die gat
Kledingstukke moet skoon, heel en in ‘n goeie toestand wees en kan van Maandag tot Donderdag in me. Nimmo se klas afgelewer word.