Ons wil graag vanjaar weer die matriektruie vroegtydig bestel. Sodoende kry die leerders meer tyd om die truie te dra. Die wit matriektrui gaan weer soos in die verlede lyk: ‘n wit trui met knope, blou moue, die skoolwapen en MX 2024 op die rug geborduur. Ons begin volgende week met die aanpas en groottes van die truie.
Die volle bedrag moet asseblief teen die 15de Augustus 2023 betaal wees. Kostes beloop R400 en alle betalings geskied via Karri. Ouers wat ‘n donansie wil maak of ’n trui borg is baie welkom!
Daar gaan slegs EEN bestelling geplaas word, so indien u kind ‘n trui bestel, moet hy/sy daarvoor betaal en dit neem. Ons wil graag sien dat ons matrieks volgende jaar ‘n eenheid vorm.