Wathint’Abafazi, Wathint’Imbokodo’ (you strike the woman, you strike the rock)- Vrydag, 25 Augustus, te Cape Sun Hotel.Watter voorreg was dit vir ons leerders om uitgenooi te word en deel te vorm van Robben Island Museum (RIM) se jaarlikse Imbokodo-aanbieding! Om vrouemaand af te sluit en vrouwees te vier, gee die Imbokodo Lecture erkenning aan en waardering vir vroue se stryd as ‘n integrale deel van die bevrydingsbeweging.
Die tema:was “DigitAll: innovation and technology for gender equality,” Die rol van innoverende tegnologie is uitgelig om geslagsgelykheid te bevorder. Daar is ook gepraat oor die belangrikheid van tegnologie om in pas te bly by die gesondheid en ontwikkelingsbehoeftes van dogters en vroue.Die aanbieding het bestaan uit ‘n paneel van 4 dinamiese vroue. Ons leerders het ook die geleentheid gekry om vrae aan die paneel te stel .
– Professor Pregs Govender is ‘n vroueaktivis en skrywer van Love and Courage. Sy word in Suid-Afrika en internasionaal.gerespekteer vir haar bydrae tot vroueregte
– Me. Zubeida Zwavel is die uitvoerende direkteur van die Centre for African Resource Efficiency and Sustainability (CARES) in Suid-Afrika. Hulle fokus is om hulp te bied aan klein/medium besighede, om bewuswording en toegang tot volhoubare meganismes te bevorder, sowel as om spesifiek vroue se rol in volhoubare besighede te ontwikkel..
-Me. Baratang Miya is die CEO van GirlHYPE wat vroue en die jeug bemagtig. Hulle vorm ook deel van die volgende organisasies: UN Women, Mozilla, TechWomen, SiliconCape en Tegnologie-innovasie om vroue se digitale geletterdheid te ontwikkel.
-Me. Zandile Mkhwanazi is die voorsitter en stigter van GirlCode, ‘n nie-winsgewende organisasie wat fokus om jong vroue te bemagtig deur middel van tegnologie. Sy is ook die uitvoerende direkteur en stigter van EmpowerX; hulle fokus op die ontwikkeling van vroue wat reeds in korporatiewe leiersposisies is.