Die Winterbal word jaarliks in die derde kwartaal gehou. Die geld wat hiermee ingesamel word, sal aangewend word vir die matriekgeskenk aan die skool. Die matriekkomitee kan jaarliks hulle inisiatief en kreatiwiteit ten toon te stel met die reël van hierdie funksie en ook vir oulaas saam met die Jan van Riebeeckers te kuier. Dit is ’n geleentheid wat graag deur alle Jan van Riebeeckers bygewoon word.
Alle Jan van Riebeeckers (gr. 8- 12) is welkom om hierdie spesiale pret geleentheid by te woon en die week voor interskole-geesweek op ’n gesellige noot te begin.
Datum: Donderdag, 10 Augustus 2023
Kostes: R80 per leerder
Drag: Deftig informeel
Tema: “Come on Barbie let’s go party”
Tyd: 18:00 – 21:00
Plek: Skoolsaal
Daar sal ‘n snoepie wees vir eet- en drinkgoed.
Daar is pryse te wen vir…
Beste Barbie kostuum
Beste Ken kostuum
Beste Barbie en Ken paartjie
Kliek gerus hier vir meer inligting en let asseblief op die reëlings indien u kind ’n metgesel van buite die skool wil saamnooi.