Op Donderdag, 9 November, se mooi somers-aand was dit weer Huis Jordaan se beurt om net so vir oulaas voor die eksamen te ontlaai!
Wie het gesê dogters kan nie vuur maak nie. Die nuwe huiskomitee het  voor gevat,  self slaaie gemaak en self gebraai. Daar was vir oulaas heerlik gekuier. Net toe die dogters dink die hoogtepunt is die nagereg, het die Roggies hulle  verras met ‘n buitelug sangvertoning.  Dit was net te gou verby maar was groot pret.  Die Roggies was baie kreatief en baie “oulik”. Hulle het self ook so gedink.
Almal was dit eens dat ons meer male die boeke moet wegpak en net moet asem skep. Maar nou ja…. Nou is dit tyd vir eksamen.
0 Shares
X