Vrydagoggend, 25 Augustus is ons dogters by ontbyt met ‘n verrassing begroet:, ‘n leë eetsaal sonder ‘n enkele stoel. Die matriekdogters het besluit op ‘n nalatenskap vir 40 Days. Hulle het al die stoele verwyder en oral “sticky” notas gelos met die volgende boodskappe:
Stoele is belangrik!
- Ek hoop julle gaan my meer mis as wat jy jou stoel mis. xx
- Onthou Huis Jordaan is die belangrikste been van die skool. XX
- Die 4 bene van ‘n stoel verteenwoordig die 4 hoofwaardes van ons koshuis, daarsonder kan ons nie sit om te rus nie. xx
- Noudat julle so staan, kyk hoe kry julle my nodig. xx
- “Ek was die stoel van die tafel.” ( Wees jy die stoel van die tafel.)
- Leer om altyd saam te staan, dit is beter as om te sit. xx
Vir die diensjuffrou Elzaan: :”Ons is baie lief vir jou ” PS – daar is darem ‘n stoeltjie vir jou. xxx HK’ s
Die pret is in ‘n goeie gees aanvaar en die graad 8’ s het die matrieks met ontbyt in die bed bederf. Die vraag is nou net::wie gaan die stoele terugdra?
SOP! SOP!