Wat ‘n voorreg om vir oulaas as Huis Jordaan-familie saam te kuier in die Welgemeend en dié ongelooflike jaar af te sluit voor ons matrieks met eksamen begin. Die verrigtinge was eg tradisioneel, stylvol en een om te onthou. Huis Jordaan is dankbaar vir ‘n ongelooflike span dogters en personeel en kyk met dankbaarheid terug na 2023 . Dit was inderdaad ‘n voortreflike jaar met baie mooi herinneringe.