Wat is ‘n skool sonder ‘n Huis Jordaan-dogterskoshuis? Beslis baie vervelig en sonder enige opwinding! Huis Jordaan is amper drie kwartale al die spesiale tuiste van ons graad 8-koshuissoppies . SOP! SOP!
Daarom het ons koshuismatrieks besluit om die graad 8’s oor die naweek van 16 September met ‘n spesiale Saterdagaand-uitkamppiekniek te bederf.
Dankie, matrieks, vir ‘n spesiale familie-aand in die koshuis! Die moeite, omgee, verversings, fliek, geselskap en saamwees het weer opnuut nuwe eenheid onder ons graad 8-dogters geskep..