Die skoolkoor van 2023 is baie opgewonde om volgende week ‘n musiekvideo van hulle Suid-Afrika Keurspel op te neem. Gedurende die opname gaan die leerders op een van die stad se City Sightseeing busse rondgeneem word, saam met ‘n professionele kameraspan, wat die verfilming gaan behartig. Daar sal ook ‘n klankopname van die lied gemaak word, wat gebruik gaan word vir die video.

Vind hier die reëlings en datums vir die opname:

  • Woensdag, 27 September, 12:00 tot 13:00
    • Klankopname van die lied word gedoen in die skoolsaal.
  • Donderdag, 28 September, 12:00 tot 17:00
    • Vertrek vanaf JvR op die City Sightseeing bus en besoek al die beste en mooiste dele van die stad. Die filmspan vergesel ons op hierdie roete.
    • Die bus laai leerders weer by die skool af na die tyd.
    • Kospakkies word ook aan die leerders voorsien gedurende die middag.
  • Vrydag, 29 September, 7:30 tot 11:00
    • Ons begin die oggend met ‘n lekker ontbyt by die skool en die filmspan maak nog video-opnames van die koor by die skool en Welgemeend. Leerders verdaag om 11:00 vir vakansie.

Kostes: R380 alles ingesluit (busvervoer, twee kospakkies en ontbyt, betaalbaar op Karri) Enige leerders wat reeds ‘n deposito vir die koortoer betaal het kan vir Nicky Hattingh (nicky.hattingh@janvanriebeeck.co.za) kontak om die oorplasings te doen.
Drag: Netjiese skooldrag. Meisies moet nuwe rompies en sykouse dra. Seuns dra nuwe chino’s.

Baie dankie vir elke leerder se harde werk en toewyding gedurende 2023. Ons sien baie uit na die opname en glo dat elke leerder ook net so opgewonde is hieroor. Rig enige navrae of versoeke aan mnr. Geldenhuys by geruan.geldenhuys@janvanriebeeck.co.za.

0 Shares
X