Daar word op 14 Oktober twee debatwerkswinkels vir deelnemers en beoordelaars by die Hoërskool Bellville (De La Hayelaan Bellville) onder leiding van die ATKV aangebied.
Die werkswinkel het ten doel om voornemende debatteerders en spanne te bemagtig om, sélfs sonder intensiewe afrigting deur ’n onderwyser, ’n goeie debat te voer. Leerlinge, afrigters, onderwysers en ouers is almal welkom. Dit is nie nodig dat ’n span volledig moet wees nie.
DATUM: Saterdag 14 Oktober 2023
TYD: 09:00 tot 11:00
FOOI: R100 per persoon