Daar was ʼn botsing in die kalender, die Debatwerkswinkel vir deelnemers en beoordelaars word nou op Saterdag 21 Oktober 2023 steeds by Hoërskool Bellville aangebied. Betaal die inskrywingsfooi op Karri om jou plek te verseker!
DEELNEMERS
Die werkswinkel het ten doel om voornemende debatteerders en spanne te bemagtig om, sélfs sonder intensiewe afrigting deur ’n onderwyser, ’n goeie debat te voer. Leerlinge, afrigters, onderwysers en ouers is almal welkom. Dit is nie nodig dat ’n span volledig moet wees nie.
DATUM: Saterdag 21 Oktober 2023
TYD: 09:00 tot 11:00
FOOI: R100 per persoon
Belangstellendes moet voor of op Vrydag 6 Oktober plek bespreek deur R100 op Karri te betaal.