Baie dankie aan diegene wat die Google-form ingevul het, sodat ons die nodige belangstelling kon bepaal. Ongelukkig was dit te min en het ons besluit om ons beplanning aan te pas. Daar is besluit om die toer te kanselleer en ander moontlikhede te ondersoek.
Ons koorlede werk baie hard deur die jaar en verdien om erkenning daarvoor te kry. Die laaste week van die kwartaal sal gebruik word om ‘n musiekvideo te maak. Ons vergader binnekort met ‘n videograaf-span en sal daarna meer besonderhede kan deel. Dit is ‘n opwindende projek waarby die res van die skool en Kaapstad as geheel, betrek kan word. Ons beoog om ‘n daguitstappie van hierdie geleentheid te maak.