Danielle Rossouw is in Kaapstad gebore en het Suid-Afrika in 2015 verlaat om in Europa te studeer. Sy het einde 2022 teruggekeer om haar musiekloopbaan hier te vestig. Danielle is tans ‘n voltydse lid van die Kaapstad Filharmoniese Orkes as klarinet- en basklarinetspeler. Sy het haar BMus- en Meestersgraad in klarinet-uitvoering aan KASK & Konservatorium Skool in Gent, België met onderskeiding behaal. Na haar studies in Gent het Danielle verhuis na Nederland, waar sy nog ‘n Meestersgraad in klarinet-uitvoering met onderskeiding aan die Fontys Hogeschool voor de Kunsten in Tilburg behaal het. Gedurende haar studiejare het Danielle deelgeneem aan die AMAJ Jong Simfonisch Orkes en die simfonie- en harmonie-orkes van KASK & Konservatorium Skool in Gent. Sy is ook ‘n entoesiastiese kamermusiekmusikant en was in 2021 ‘n finalis by die Willem II Kamermusiekkompetisie in Nederland.

Danielle is tans ‘n PhD-kandidaat in musiek aan die Universiteit van die Vrystaat. Sedert haar terugkeer na Suid-Afrika is sy ook aktief betrokke by kamermusiek en lewe sy haar passie uit vir ontwikkeling in musiek en klarinet onder die jeug. In haar vryetyd geniet sy die verskeidenheid van buitelug-aktiwiteite wat die Kaap bied.

Baie welkom by die Welgemeend Skool vir Musiek en die Jan van Riebeeck-familie.

Indien u klasse wil bespreek of meer inligting wil hê, skakel gerus vir mnr. Geldenhuys by geruan.geldenhuys@janvanriebeeck.co.za

 

0 Shares
X