Die senior Rotary debatspan het Maandag 4 September,in die finale van die Rotary liga teen Springfield deelgeneem. Die span het tweede in die toernooi gekom – slegs die tweede keer wat ‘n Jan van Riebeeck-span dit regkry sedert die kompetisie begin het in 1989. Veels geluk aan Lisa Best, Lukas Wasserman en Nayla Walker met hierdie uitmuntende prestasie.
Ons wens ook vir Lisa Best geluk! Sy is deur na die WCSPDC-provinsiale proewe die naweek as ‘n individuele spreker. Ons hou duimvas dat sy die span gaan haal!