Die Jan van Riebeeck-atlete sluit die jaar op ‘n hoë noot af met fantastiese prestasies in die TAC Summer Series wat die afgelope naweek op Parow gehou is. Van ons junior atlete wat volgende jaar by ons aansluit het ook onder Jan van Riebeeck se naam deelgeneem en ons sien uit om hul by die JvR-sportfamilie te verwelkom.
Die beste dogter-prestasie van die dag gaan aan Erica Marais wat as ‘n o.14 dogter in die o.16-afdeling vir gewigstoot moes deelneem. Sy stoot ‘n ongelooflike persoonlike beste van 12.55m. Theo Kawe (o.13) het besluit om die senior manne aan te durf in die 100m en hardloop in winderige weer ‘n blitsige 11.19 sekondes – ook ‘n persoonlike beste.
Ander uitslae:
- Erica Marais- Gewigstoot: 1ste
- Helene Greeff- 400m: 3de
- Francois Joubert – 300mH: 3de
- Scarlett van der Merwe -1500m: 1ste
- Monique de Beer – Hoogspring: 2de; Gewigstoot: 3de
- Theo Kawe- 100m: 1ste; 200m: 1ste;
- Re Jean- 800m: 4de
- Mia van den Berg- 100m: 5de; 300mH: 3de
- Carla van den Berg – 400mH: 2de
- Damian Bosch – 600m: 1ste
Met ‘n vierde kwartaal vol hoogtepunte vir ons atlete, groet ons eers die mooiste baan in die land en gaan hou vakansie. Met die oog op 2024 gaan ons vinnig uit die blokke spring. Ons byeenkomste begin reeds die eerste week wanneer die skole open. Dit is noodsaaklik dat ons atlete deur die vakansie steeds oefen. Ons sal weer 8 Januarie 2024 by die skool begin oefen. .
Volg asseblief die skakels vir die programme per item wat spesifiek deur ons hoof van atletiek, dr. Sors Joubert, vir ons JvR-atlete uitgewerk is.
Atlete oefen op die volgende programme: