Die eerste sportgeleentheid op die 2024-kalender is ons interhuisatletiek wat reeds die eerste week (Vrydag, 19 Januarie) plaasvind. Ons kies ook na afloop van die byeenkoms ‘n span van 25 leerders om ons skool te gaan verteenwoordig by Affies se byeenkoms in Pretoria asook ons interskolespan wat in 2024 aan meer byeenkomste as ‘n span gaan deelneem. Die eerste een vind alreeds 27 Januarie by Hoërskool Stellenberg plaas.
Ons wil die atlete so goed as moontlik voorberei vir die 2024-seisoen en vra dat leerders ons atletiekkamp wat op 20 Januarie plaasvind, sal bywoon om op te skerp vir die byeenkomste wat voorlê. Ons sal ook graag ‘n paar voormalige en huidige Suid-Afrikaanse kampioene wil inkry om met leerders te kom werk.
Hierdie afrigtingskliniek is vir al die leerders bedoel wat waarskynlik in die interskolespan gaan wees. Indien jy gewoonlik onder die top 3 eindig by interhuis, moedig ons jou aan om die kliniek by te woon. Fondse wat ingesamel word, word aangewend om interskolekostes te help dek.
Aangeheg is die uitnodiging aan atlete om hierdie spogoefenkamp by te woon. Moenie hierdie geleentheid misloop nie, Jan van Riebeeckers!