Hoërskool Jan van Riebeeck het die afgelope naweek aan die Kwagga Top 10-byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms sou plaasvind by Hoërskool Outeniqua, maar weens die reën moes die organiseerders vinnig plan maak en die byeenkoms na Oudtshoorn skuif. Ons atlete lewer fantastiese prestasies met heelwat nuwe persoonlike-beste-tye en afstande. ‘n Totaal van 12 atlete eindig onder die Top 10 in hul items. Hoërskool Jan van Riebeeck neem ook die beker huis toe vir die afdeling van kleiner skole (minder as 600 leerders in skool) en ons B-span eindig ook onder die top 10!
Baie dankie aan Hoërskool Outeniqua vir jul puik byeenkoms en gasvryheid. Dankie ook aan dr. Sors Joubert wat aan die stuur staan van ons atletiekprogram, sowel as elke ouer wat die toer moontlik gemaak het.
TOP 8-skole in die kleinerskole-afdeling:
  1. Hoërskool Jan van Riebeeck A
  2. Hs Bredasdorp
  3. Glenwood House
  4. Curro Mosselbaai
  5. Hs Langenhoven
  6. Hs Dirkie Uys
  7. Hs Charlie Hofmeyr
  8. Hoërskool Jan van Riebeeck B

 

0 Shares
X