Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsryers is Dinsdag, 17 Oktober, direk na skool na Wynberg Boys High, om daar die opening van hulle nuwe baan te vier.
Altus van Niekerk het vir groot opwinding gesorg toe hy in die eerste resies vir die eerste rondte voor gejaag het en letterlik stof in die plus minus 30 Wynberg en SACS jaers se oë geskop het. Hy het ongelukkig op een van die tegniese dele geval en sy voorsprong verloor. Susan Burger, Mari en Cara Swanepoel moes hulle ‘man’ staan tussen al die manne en het elkeen ‘n spesiale keppie ontvang saam met hulle geskenkpakkie.
Dit was ‘n heerlike dag en iets wat ons hopelik weer volgende kwartaal by Hoërskool Jan van Riebeeck, op ons eie baan, sal kan herhaal,