Ons maak gewoonlik die uitslae van kompetisies waaraan deelgeneem word bekend, maar bergfietsry is veel meer as net die kompetisies, dis amper ‘n lewenstyl by Hoërskool Jan van Riebeeck. Elke Dinsdagmiddag en sommige Donderdae geniet ons die Kaap soos min ander sporte kan. Die foto’s vertel die storie. Ons wens Migael Smuts spoedige beterskap toe. Hy het Dinsdag op ons avontuur sy arm gebreek. FOTO’S