Ons o.19 A-span speel ‘n tawwe wedstryd teen ‘n indrukwekkende span van Bernadino Heights en met ‘n paar gemiste doelgeleenthede verloor ons uiteindelik 1 – 0. Ons leerders se spel was ‘n toonbeeld van goeie hokkie en hulle het gespog met verfynde vaardighede, maar moes ongelukkig die knie buig. Welgedaan!