Scarlett van der Merwe het die afgelope naweek fantasties presteer by Atletiek Suid-Afrika se landloop klub-kampioenskappe wat in PE plaasgevind het. Sy hardloop ‘n blitsige 4km en help ook die WP span om ‘n brons medalje te verower in die dogters afdeling.
Scarlett neem later die maand(29 en 30 Oktober) deel in Polokwane aan die Suid-Afrikaanse skole landloop kampioenskappe. Dankie aan haar twee afrigters Dr Sors Joubert en Dieter Voigt vir al jul kennis en bystand. In die woorde van ‘n langafstand legende, Sir Mo Farah “It has been a long journey, but if you dream and have the ambition and want to work hard, then you can achieve.”
Baie geluk en sterkte Scarlett, jou harde werk betaal defnitief af.