Ons is opgewonde oor die naweek van 7- 9 September wanneer ons o.17-hokkiespanne, seuns en dogters, asook die o.15- en o.17-rugbyspan deelneem aan die Marius Schoeman-toernooi. Die beste sportspanne in die land ding teen mekaar mee. Die wedstryde se formaat is 5-hokkie en -netbal en 7’s rugby.
Ouers en leerders is welkom om ons spanne te ondersteun en hul gunsteling- nasionale spelers te kom ontmoet. Daar sal boonop wêreldbekerwedstryde in Hennie se tent uitgesaai word. Verskeie kompetisies soos . doelskop vind ook plaas; kom ondersteun gerus en wen ‘n paar pryse in die proses. Die rugby- en hokkieprogramme is reeds beskikbaar. Ons wag nog vir die o.15- en o.17-dogters se netbalprogram.
Kliek op die onderstaande skakels vir die onderskeie programme wat beskikbaar is: