Hou die naweek van 8 en 9 September oop, want ons sportspanne neem teen die beste skoolspanne in die land deel. Ons Hokkie- o.17 seuns en dogters; netbal o.15 en o.17; rugby o.15 en o.17 spanne is almal teenwoordig by die toernooi. Dis die eerste jaar wat ons gaan deelneem en gaan goeie ondervinding vir ons spelers wees. Ons sluit ook ons wintersportseisoen met hierdie toernooi af. Kom ondersteun gerus al ons JvR-spanne oor die naweek. Wedstrydbepalings sal volgende week beskikbaar wees.