Twee Jan van Riebeeck-skeidsregters is gevra om by die ‘Inter Government Netball Tournament‘ te gaan blaas waar die Wes-Kaapse Premier- en Burgermeesterkantore teen mekaar gespeel het. Die toernooi het Vrydag, 10 November, by die premierwoning, Leeuwenhof, plaasgevind.

Nie net het ons die Top fast-5 span in die Wes-Kaap nie, maar Juffrou Leandé van Heerden en Me.Razelle Hanekom het gewys hoe goed ons netbalorganisasie van die baan af is. Hulle het gesorg vir ’n heerlike, gemaklike en prettige atmosfeer waar strawwe kompetisie sowel as hope gees onder die verskillende kantore geheers het.

Dankie aan mnr. Alan Winde, Premier van die Wes-Kaap, en Geordin Hill-Lewis, Burgemeester van Kaapstad, vir die wonderlike geleentheid.

0 Shares
X