Ons o.15- en o.17-netbalspanne het op Saterdag, 2 September, aan die CTHSN (WP)-ronde van die Fast 5-netbaltoernooi deelgeneem. Die spanne moes die oggend om 7:15 by Hoërskool Durbanville vir die dag se verrigtinge aanmeld. Ons spanne se eerste rondes het beide teen Durbanville afgeskop. Die o.15-span het ongelukkig die knie teen Durbanville gebuig, maar ons o.17-span het gedurende die power-play kwart die wedstrydtelling verander en 30-28 gewen.

Beide spanne moes 3 wedstryde speel om te bepaal of hulle vir die finaal sal kwalifiseer. Ons o.15-span het ongelukkig nie die mas opgekom nie, maar ons o.17-span het boaan die poel geëindig en vir die finaal gekwalifiseer.  Daar was drie moontlike teenstaanders: Stellenberg, DF Malan en Fairmont. Die spanne se doelgemiddeldels is gebruik om te bepaal wie mekaar in die finaal sou trotseer. Die somme is gemaak en die finale wedstryd is voor 17:00 die middag teen Fairmont gespeel. Ons spelers het hulle weer uitstekend van hulle taak gekwyt en het met ‘n telling van 21-19 geseëvier.

Ons o.17-span kwalifiseer dus om Saterdag, 9 September, aan die Wes-Kaap ronde by Paarl Gimnasium deel te neem.  Ons wens die span alles van die beste toe en glo dit gaan ‘n onvergeetlike dag vir almal wees.

Kliek hier vir die Wes-Kaapprogram.

0 Shares
X