Op Saterdag, 9 September, het die o.17 Netbalspan aan die Wes-Kaapse Fast 5-kampioenskap deelgeneem en die dag as kampoene weggestap!
Gedurende sommige van die poelwedstryde het ‘n paar toeskouer amper hul naels verloor agv die spanning. Die span het menigte van hul wedstryde se uitslae verander tydens die power play kwart.
- Wen Hoërskool Bredasdorp 27-22
- Wen Hoërskool Parel Vallei 14-13
- Wen Hoër Meisieskool Bloemhof 24-10
- Wen Hoërskool Swartland 21-15
Hulle eindig eerste in hul poel, met Parel Vallei tweede.
Vir die semi-finaal moet hulle teen Hoërskool Hermanus speel en wen 30-25. Hierna volg die finale ronde en hulle moet weer teen Parel vallei speel. Hierdie keer rek hulle egter die eindtelling en wen 31-29.
Die finale uitslae vir o.17’s is:
- Hs Jan van Riebeeck
- Hs Parel Vallei
- Hs Stellenberg
- Hs Hermanus
Baie geluk aan elke speler, ouer, ondersteuner betrokke asook ons afrigter, René Venter!
Die span kwalifiseer nou om op 2 en 3 Oktober aan die nasionale netbaltoernooi by Hoërskool Florida in Roodepport deel te neem. Hulle het reeds op Donderdag, 14 September, afgeskop met pannekoek verkope tydens pouse om ekstra fondse in te samel. Indien daar enige ander besighede of indivdue is wat hulle wil borge met enige van die ondertsaande uitgawes kan hulle vir Razelle Hanekom kontak by razelle.hanekom@janvanriebeeck.co.za
- Vervoer in Gauteng
- Etes
- Verblyf
- Gazebo’s in Gauteng tydens die toernooi by Hoërskool Florida
- Vliegtuigkaartjies
- Toer klere