Die gesegde lui: ‘n betrokke leerder is ‘n gelukkige leerder.
Jan van Riebeeck se sportkantoor wil graag ‘n nuwe inisiatief loots waar ons ouers meer betrokke wil kry. Die plan is om komitees vir elke sportkode in die skool te stig. Die komitees sal sportdae help fasiliteer, borge vir die sportkode werf / uitwys en betrokke wees by die algemene beplanning vir die toekoms van hul betrokke sportkode..
In kort is dit ‘n groep mense wat saam droom om die sportkode na die volgende vlak te neem.
Met die toename in getalle by sport, benodig ons meer infrastruktuur, toerusting, afrigters en meer bereidwillige ouers om te help.
Indien u sou belangstel om deel te word van so ‘n groep e-pos gerus vir Abré van Heerden, Hoof van sport, by abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za en meld by watter sportkode u graag ‘n bydrae wil lewer. Enige insette sal waardeer word.