Cuthanzario Winter was ‘n lid van die WP-span in die Western Cape u16 Rapid Champions wat op 23 September 2023 plaasgevind het. Die span het uit 10 mense bestaan en het gewen. Die WP-span is dus nou die Western Cape u.16 Rapid Champions vir 2023. Die ander federasies wat deelgeneem het was Cape Winelands Chess, Overberg Chess, Eden Chess, West Coast Chess en Central Karoo Chess. Elke federasie het een span van 10 spelers gehad wat hulle verteenwoordig het.