Hierdie Woensdag het ons Tafelberg se Pyplyn-staproete aangedurf. Nie eers die kombers wat heeldag oor die berg gehang het of die paar reëndruppels kon ons getroue stappers keer nie. Die lekker 5 km-roete het ons nie teleurgestel nie. Om die koue te trosteer was beslis die moeite werd.
Die bussie vertrek direk na skool vanaf agter die Huis Jordaan-koshuis. Leerders trek reeds tweede pouse aan in korrekte sportdrag. Alle leerders moet op die dag van stap eerste pouse registreer vir stap (me. Steyn se klas) sodat die nodige vervoer uitgesorteer kan word. Leerders wat nie registreer nie sal ongelukkig nie kan saam stap nie.
Hierdie week se uitstappie:
Woensdag, 2 Augustus: Leeukop