Ons is opgewonde dat Herzlia se waterpolo-program vanaf volgende week by ons swembad aangebied word en belangstellende Jan van Riebeeckers het ook die nou die geleentheid om deel te raak van hul oefengroepe om sodoende vaardighede in dié lekker watersport te leer. Die hoop is dat genoeg leerders belangstel en ons dan ook as skool binnekort in ons eie spanverband kan begin deelneem teen ander skole. Herzlia het uitstekende afrigters wat ons leerders graag dan vir eers by hul oefengroepe en spanne insluit. Die skool het ’n ooreenkoms met hul aangegaan en bied hierdie weeklikse sessies gratis aan ons leerders.

Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders skakel vanaf Dinsdag, 10 Oktober by hul program in en alle belangstellendes moet hul name teen volgende Vrydag, 15 September per e-pos aan mnr. CJ Velleman by cj.velleman@janvanriebeeck.co.za stuur. Geen vorige ervaring of deelname aan dié sport is nodig nie en die doel is juis om talent te ontgin en vaardighede te slyp.

Die hoof van Herzlia se watersporte, mnr. Ross van Schoor, sal ook volgende Dinsdag, 12 September, ’n bekendstellingsessie vir ons leerders aanbied. Ouers/Voogde en leerders is baie welkom om vanaf 14:30 tot 15:45 by die JvR-swembad te ontmoet om meer omtrent hierdie opwindende sport te leer en te ervaar. Leerders kan die sessie in hul swemklere en skoolsweetpak bywoon.

Kliek gerus hier om die voorlopige skedule van al die ouderdomsgroepe vir die vierde kwartaal te sien om sodoende ook vas te stel of u kind die oefeninge sal kan bywoon. Ons sien uit na ons leerders se entoesiastiese deelname aan hierdie nuwe sportgeleentheid!

0 Shares
X