“The more I practice the luckier I get.” – Gary Player
Ons voorseisoen-oefensessies het baie goed afgeloop, maar met ‘n baie besige 2024-sportprogram gaan dit ekstra werk van elke leerder vereis wat hul self moet insit gedurende die vakansie. Wanneer die skole begin, is daar onmiddellik al wedstryde en byeenkomste vanaf week 1; dus moet jul fiks, sterk en reg vir 2024 se sport terugkeer na die vakansie.
Aangeheg is die oefenprogram vir al die winterkodes. Wees pligsgetrou en doen jou deel. Jou span het jou nodig in 2024 en die werk wat jy nou insit, sal duidelik wys in die seisoen! Sterkte!
0 Shares
X