Inskrywings is nou OOP🎤 . . . vir die Alma Nel Drama-ateljee. Volg die skakels vir die omvattende nuusbrief en inskrywingsvorm. Ons lig net die belangrike inligting uit vir maklike terugverwysing.

Na afloop van die opeklasse word leerders in groepe van 4 tot 8 lLink text leerders per groep ingedeel en tye per groep word vir die res van die jaar vasgemaak . Stuur asseblief die leerder se buitemuurse-aktiwiteitsrooster saam met die leerder na die opeklas of onmiddelik na afloop van die opeklas aan Alma per Whatsapp: 082 964 9352. Neem asseblief ook winteraktiwiteite in ag en dui ALLE beskikbare ure op ‘n Maandag, Dinsdag en Donderdag (WELLINGTON) en Dinsdag en Woensdag (JAN VAN RIEBEECK) aan.

WOENSDAG 24 JANUARIE (JAN VAN RIEBEECK)

  • 15:00-16:30 GRAAD 7 TOT 9
  • 16:30-18:00 GRAAD 10 TOT 12

Wanneer leerders tussen ‘n magdom buitemuurse aktiwiteite in 2024 moet kies, neem in ag dat Drama, nie net kardinale vermoëns vir leerders en volwassenes aanleer nie, maar dat hierdie aktiwiteit ’n plek van ontlading en genesing word. Daarom die sê-ding: “Die verhoog word ’n heilige spasie waar ’n ontbreekbare span mekaar vashou.” Daar is reeds ’n lang waglys, maar die reeds bestaande leerders kry wel voorkeur indien hulle vinnig spring om hul plekke vas te maak.

Fooie vir 2024 beloop R1400 per leerder per kwartaal. Die eerste kwartaal se paaiement maak die leerder se plek in die ateljee vas. Alle gelde vir die eerste kwartaal moet voor/of op die 25ste Januarie 2024 betaal word. Ongelukkig is daar beperkte plekke, daarom kan ‘n leerder se plek in die ateljee nie gewaarborg word indien hul eerste kwartaal fooi na afloop van die 25ste betaal word nie. Neem asseblief kennis dat daar wel ‘n ekstra fooi vir die eksterne eksamen (deur die SA Kollege van Spraak en Drama eksamens, vir hul nasionale kwalifikasie) in die derde kwartaal betaalbaar is.

Rekening besonderhede vir alle betalings:
MEJ A NEL
ABSA TJEK REKENING
Rekeningnommer: 4079987742
Verwysing: Leerder se naam en DRAMA- Byvoorbeeld: “Alma DRAMA”.

Stuur asseblief die ingevulde inskrywingsvorm elektronies of saam met die leerder na die dramaklas toe. Dit is ook van toepassing op bestaande leerders, asseblief.

🎭WELKOM aan ieder en elk wat in 2024 aangaan en/of deel word van die drama-familie

0 Shares
X