Die FSA, wat in 1996 gestig is, is ‘n jeuguitruilinisiatief tussen Suid-Afrika en Duitsland wat aangebied word aan leerlinge van graad 8 – 12. Oor die jare het meer as 10 000 jeugdiges deelgeneem aan ons inisiatief waarvoor Duits as vak nie ‘n vereiste is nie.

Ons program het ten doel om die lewens van ons deelnemers te verryk, hulle bloot te stel aan ‘n ander kultuur, en hulle in staat te stel om Suid-Afrika as jong ambassadeurs in die buiteland te verteenwoordig.  Die terugvoer wat ons ontvang, getuig presies daarvan. Gewoonlik laat die ervaring die jongmense besef dat hulle tot baie meer in staat is as wat hulle gedink of oor gedroom het.

Ons streef daarna om hierdie geleentheid aan soveel as moontlik jongmense in Suid-Afrika bied en daar is geen rede waarom leerlinge van u skool nie ook hierin kan deel nie.  Ons nuwe brosjure en aansoekvorm is aanheg as ‘n uitnodiging vir u leerlinge om aansoek te doen vir deelname aan ons 2024-programme. Belangstellendes kan ons direk kontak.

Aansoekvorms
Brosjure

Met u hulp kan ons vanjaar weer die lewens van jongmense van regoor Suid-Afrika aanraak.

0 Shares
X