Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Die digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.
Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers te vergemaklik in die toekoms. As ‘n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat regdeur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.

Sluit aan by jou instelling se unieke Engage-platform met behulp van ‘n aanmeldskakel.

Stappe:
  1. Maak die kennisartikelskakel oop.
  2. Volg asb. die stappe noukeurig.
  3. Belangrike herinnering: Wanneer “Stap 3” in die artikel bereik word, moet die ouers op “TEKEN AAN MET GOOGLE” klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle ‘Gebruik ‘n ander rekening’ kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol aan te meld.
0 Shares
X