“Die Gilbert & Sullivan Society van Kaapstad bied aan The Yeomen of the Guard, ’n komiese opera deur die Britse skrywer-en-komponispaar, Gilbert en Sullivan, in die Kunstekaap-operahuis hierdie maand, en ons eie juffrou Regina Malan is die prima donna in die opera!
Juffrou Malan speel die hoofrol van Elsie Maynard in die produksie van The Yeoman of the Guard, wat op die planke is by die Kunstekaap-operahuis vanaf 10 tot 17 Augustus 2024. Die opera word begelei deur die bekwame Kaapstadse Filharmoniese Orkes.
Die verhaal speel af in die beroemde (berugte!) “Tower of London” in die 16de eeu. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van Engelse Romantiese Opera en is Gilbert en Sullivan se mees dramatiese opera. Die verhaal sluit verraad, komedie en die tragiese einde van ’n tipiese ernstige opera in en bevat ook Sullivan se roerendste musiek. Die libretto (teks) is in Engels, wat dit maklik maak vir Suid-Afrikaanse gehore om die storielyn te verstaan en hulself in te leef in die drama.
Ons nooi graag alle Jan van Riebeeckers uit om die produksie te ondersteun. Die kaartjieprys is R295 per persoon en kan op Quicket bespreek word.
Skakel: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1547064829